Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxi-oorlog glo rede vir verskeie moorde

Verskeie mense is in die laaste paar dae in Kaapstad en die Boland doodgeskiet in wat lyk na ’n taxi-oorlog tussen twee mededingende taxiverenigings.

Bonginkosi Madikizela. Foto: Argief

Minstens vyf mense is nou al in dié skietery dood.

In die jongste voorval is ’n 26-jarige minibustaxibestuurder Donderdag buite Shoprite in Ceres doodgeskiet.

“Gerugte doen die ronde dat die voorval uit wraak was ná die moord op ’n lid van die Codeta-taxivereniging verlede Sondag in Nduli,” sê kapt. Lindikhaya Mkhontwana, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, in ’n mediaverklaring.

Volgens Mkhontwana het twee verdagtes glo die groep van die Cata-taxivereniging genader en op hulle begin skiet. Die koeël het een persoon glo in die kop getref en hy is op die toneel dood, sê Mkhontwana.

Niemand is nog vir dié moord in hegtenis geneem nie.

Besuthu Ndungane, Codeta se woordvoerder, het by navraag gesê hy weet nie van die skietvoorvalle nie en sal met die polisie daaroor praat.

Die Cata-taxivereniging kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.

Dié moord het gevolg in dieselfde week dat Patrick Cosani (49), voorsitter van die Blackheath-Malibu-taxivereniging, en nog ’n man, John Neethling, kort ná mekaar in Blackheath doodgeskiet is.

Dié moord het gevolg in dieselfde week dat Patrick Cosani (49), voorsitter van die Blackheath-Malibu-taxivereniging, en nog ’n man, John Neethling, kort ná mekaar in Blackheath doodgeskiet is.

Cosani is Dinsdagoggend om 06:00 buite sy huis doodgeskiet, terwyl Neethling bietjie later oorkant ’n vulstasie in Buttskopweg, Blackheath, geskiet is.

Die volgende dag is ’n 35-jarige man by die taxistaanplek op ’n parkeerterrein oorkant die Grand Central-winkelsentrum in Eersterivier doodgeskiet. Nog ’n 24-jarige man is in dié voorval gewond.

Op dieselfde dag is ’n 32-jarige man in ’n ander skietvoorval op ’n parkeerterrein by die Shoprite-winkelsentrum in Kuilsrivier doodgeskiet.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het by navraag die moorde bevestig en gesê dit word ondersoek.

Van Wyk kon nie bevestig of die voorvalle verwant is en of dit aan taxigeweld toegeskryf kan word nie.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het Dinsdag Cosani se skietdood sterk veroordeel.

Volgens Madikizela loop die Blackheath-Malibu-gebied deur onder onwettige operateurs wat glo roetes oorneem. Dit lei tot geweld en spanning tussen taxiverenigings.

  • Enigiemand met inligting oor die skietvoorval Woensdag in Eersterivier kan sers. Wayne Woodward by 072 368 0079 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.
  • Enigiemand met inligting oor die skietvoorval Donderdag kan die Ceres-polisiekantoor by 023 316 8600 bel, of die Stop Misdaadnommer skakel.
Meer oor:  Boland  |  Kaapstad  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.