Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxibaas helder oordag doodgeskiet

’n Taxibaas is Maandagmiddag helder oordag in Kensington, Johannesburg, doodgeskiet.

“Die 63-jarige man is op die toneel op die hoek van York- en Allumstraat dood nadat ’n onbekende getal mans op hom losgebrand het,” sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Peters sê die man het kort tevore by sy kantoor in ’n swart BMW-5-voertuig geklim om na sy huis te ry. Hy was glo ’n taxibaas van ’n vloot minibusse wat langafstandritte aflê.

“Paramedici en polisiebeamptes was blitsvinnig op die toneel, maar die man het kort ná die skietery gesterf,” sê Peters.

Die taxi-misdaadeenheid, ’n gespesialiseerde eenheid wat onder die Gautengse provinsiale ondersoekeenheid val, is intussen geaktiveer om die verdagtes op te spoor.

“In dié vroeë stadium van die ondersoek is die motief vir die aanval nog nie bekend nie,” sê Peters.

Theo Nkonki, woordvoerder van die Gautengse departement van paaie en vervoer, het in Julie bekend gemaak dat die taxibedryf met die provinsie ooreengekom het om ’n suksesvolle sakemodel vir swart ekonomiese bemagtiging sonder enige geweld op te bou. Daar is toe ingestem om Jacob Mamabolo, die Gautengse LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, te vra om beslissend op te tree teen taxiverenigings wat weens interne skeuring, gevegte en ander vorms van onstabiliteit ’n onmiddellike bedreiging vir hul lede en die publiek inhou.

Meer oor:  Kensington  |  Johannesburg  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.