Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxibestuurder buite Worcester doodgeskiet

’n Taxibestuurder (24) is Saterdag omstreeks 13:30 langs die R60-hoofpad tussen Worcester en Robertson doodgeskiet.

Volgens inligting van inwoners het ’n taxi buite Worcester langs die pad gestop om passasiers af te laai en ’n ent verder weer gestop om klaarblyklik weer mense op te laai.

’n Skietery het ontstaan en die bestuurder van die taxi is doodgeskiet.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê die presiese omstandighede van die man se dood word nog ondersoek.

Die aanvaller is nog soek en die motief vir die skietery is nog onbekend, sê Traut.

Meer oor:  Moord  |  Skietvoorval  |  Taxibestuurder  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.