Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxidrywer dood, seun (4) gewond in ‘wraakaanval'

’n Vierjarige seun is die jongste slagoffer van nóg ’n taxi-verwante skietvoorval in Ceres.

Dit kom te midde van vrese van vergelding ná die bloedbad verlede week waarin vyf taxibestuurders dood is.

’n Taxibestuurder is Dinsdag om 07:00 in Eluxolweni-straat, Nduli, doodgeskiet en die jong passasier gewond.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê die seun word in die hospitaal behandel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die moord op die 26-jarige taxibestuurder hou vermoedelik verband met die moord op vyf taxibestuurders van die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata) verlede Dinsdag. Hulle is doodgeskiet in vermoedelik ’n dispuut oor taxiroetes by die nabygeleë Vredebes, ’n nuwe residensiële ontwikkeling in dié Bolandse dorp.

Cata het ’n taxistaanplek in die gebied gehad.

Die geveg oor die roete het al maande gelede begin.

Nonzame Patsoane, wykraadslid, sê die vermoede is sterk dat Dinsdag se moord wraak was, maar dat die kind onopsetlik getref is. “Ons was bang vir ’n wraak-skietery.”

Die taxibestuurder het skoolkinders rondgery, maar was glo geaffilieer by die Congress of Democratic Taxi Associations (Codeta).

’n Groep van 300 vroue het betoog met ’n pleidooi dat taxibestuurders ander maniere vind om hul struwelinge te hanteer en oplossings in ’n formele bespreking vind.

Patsoane sê sy het by staanplekke met taxibestuurders en ander gepraat om hulle aan te moedig om ’n vergadering in die stadsaal by te woon om hul opsies te bespreek.

“Ons bid vir vrede. Ons wil nie meer bloed sien nie. Ons wil hê ons kinders moet veilig wees en dat die taxiverenigings verenig in ’n Ceres-taxivereniging.

Meer oor:  Ceres
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.