Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Tot 47 kinders klim uit minibustaxi

Twee minibusbestuurders wat hul voertuie met onderskeidelik 47 en 36 skoolkinders oorlaai het, is vandeesweek in Port Elizabeth in hegtenis geneem.

In die eerste voorval het ’n 26-jarige bestuurder Maandag altesaam 47 leerlinge van Frank Joubert Primary School Maandag soos sardientjies by sy minibus ingeprop.

Yolanda Faro, hoof van die metropolisie in Port Elizabeth, sê beamptes het vermoed die minibus is oorlaai toe hulle dit in Chase-rylaan sien terwyl hulle patrolliewerk gedoen het.

Volgens Faro het die konstabels die minibus Maandag om 14:30 in Chase-rylaan, tussen Stanfordweg en Ditchling-straat, van die pad getrek om dit te deursoek.

“By nadere ondersoek is die beamptes se vermoedens bevestig. Die minibus was só oorlaai dat die kinders letterlik bo-op mekaar gesit het.”

Die eienaar van die minibus is in hegtenis geneem. Sy operateurslisensie is geldig en hy het geen uitstaande lasbriewe gehad nie.

Die minibus is met die kinders inkluis na die verkeersdepartement in Sidwell gebring.

Hier is die kinders een vir een getel. Die beamptes kon bevestig daar was altesaam 48 mense in die minibus, insluitend die bestuurder.

Luidens die wet is die minibus slegs gemagtig om 16 passasiers, insluitend die bestuurder, te vervoer. Dit beteken die minibus was met 32 passasiers oorlaai.

Die eienaar van die minibus is in hegtenis geneem. Sy operateurslisensie is geldig en hy het geen uitstaande lasbriewe gehad nie.

Sy minibus is aan sy broer oorhandig.

In die tweede voorval is ’n 25-jarige minibusbestuurder Dinsdag om 14:45 by die kruising van Duke- en Ditchlingstraat in Algoa Park in hegtenis geneem.

Die bestuurder het altesaam 36 leerlinge van die Hoërskool Cillie in sy taxi gehad, uitsluitend hyself en sy kondukteur.

Hy word by die polisiekantoor in Algoa Park aangehou.

Faro het ’n streng waarskuwing aan minibusbestuurders wat skoolkinders vervoer, uitgestuur om nie hul voertuie te oorlaai nie, omdat dit tot noodlottige ongelukke kan lei.

Sy het verder gesê die metropolisie gaan bestuurders wat hulself aan dié misdryf skuldig maak, uiters streng vasvat.

Ouers is gemaan om te verseker hul kinders is veilig by die minibusbestuurders in wie se sorg hulle die kinders toevertrou.

“Kinders moet geleer word om nooit in ’n oorlaaide voertuig te klim nie,” se Faro.

Albei bestuurders gaan binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Taxibestuurder  |  Minibus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.