Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxibestuurder vas ná hy glo beampte wou omry
Die bestuurder van dié taxi het na bewering ’n verkeersbeampte probeer omry. Foto: Lulama Zenzile

’n Taxibestuurder is aangekeer nadat hy versuim het om stil te hou toe ’n verkeersbeampte hom by ’n padversperring voorgekeer het en hy die verkeersbeampte glo in die proses raak gery het.

Dit het Maandag omstreeks 07:05 by die kruising van Van Riebeeckweg en Silver Oaklaan in Kuilsrivier gebeur, sê Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstadse metroraad se verkeersdienste.

“Beamptes van die verkeersdepartement was besig om voertuie by ’n padversperring af te trek en deur te soek. Die beampte het vir die taxibestuurder gewys om af te trek. Die bestuurder van die taxi het die opdrag geweier en weggejaag. In die proses is die beampte raak gery.”

Volgens Bezuidenhout het die taxibestuurder egter nie baie ver gekom nie en is hy in hegtenis geneem.

Daar is ook op die taxi beslag gelê.

“Die beampte is in ’n bestendige toestand in die hospitaal.”

Volgens lt.kol. André Traut, ’n polisiewoordvoerder, is die taxibestuurder (30) steeds in aanhouding.

“Die Kuilsrivier-polisie se ondersoekbeamptes ondersoek klagte van roekelose en nalatige bestuur.”

Bezuidenhout het ander bestuurders gewaarsku om ag te slaan op verkeersbeamptes se opdragte. “As ’n verkeersbeampte jou stop, moet jou die opdrag uitvoer. Mense wat hulle nie aan beamptes se opdragte steur nie, sal in hegtenis geneem word.”

Meer oor:  Kuilsrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.