Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxibestuurder vas oor boetes van R107 950

’n 32-jarige taxibestuurder van Browns Farms in Philippi, Kaapstad, is Maandag in hegtenis geneem weens 30 uitstaande boetes ter waarde van R107 950.

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder vir die Kaapse metro se verkeersdienste, sê die taxibestuurder is in sy Toyota Quantum op die hoek van Strand- en Laer Pleinstraat van die pad afgetrek deur ’n inspekteur van die vervoerwetstoepassingseenheid omdat hy sonder ’n bedryfslisensie bestuur het.

“By nadere ondersoek het die eenheid uitgevind die man het 30 uitstaande boetes ter waarde van R107 950,” het Bezuidenhout gesê.

Die bestuurder is in hegtenis geneem, waarna hy na die polisiekantoor in Wynberg geneem is.

Sy taxi is geskut.

Meer oor:  Taxibestuurder  |  Boetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.