Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxibestuurder vas weens bykans R100 000 se boetes

’n Minibustaxibestuurder is Sondag in Seepunt in Kaapstad weens uitstaande verkeersboetes van bykans R100 000 in hegtenis geneem.

Hy was ook onder die invloed van drank toe hy vasgetrek is en het vyf passasiers in sy minibustaxi gehad.

Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersafdeling, het by navraag gesê die verkeersdepartement was besig met ’n operasie teen onwettige straatrenne in die gebied toe die bestuurder by ’n padversperring afgetrek is.

Daar is vasgestel dat daar 44 uitstaande boetes van altesame R97 350 teen sy naam is.

Drie ander motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is ook in dié operasie in hegtenis geneem.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê in ’n verklaring altesame 77 mense is die naweek in hegtenis geneem weens onder meer bestuur onder die invloed van alkohol, uitstaande verkeersboetes, roekelose bestuur, bedrog, intimidasie en die versuim om aan ’n wettige opdrag te voldoen.

Verkeersbeamptes het ook op 129 minibus- en sedan-taxi’s beslag gelê wat sonder ’n geldige bedryfslisensie of strydig met die voorwaardes van hul bedryfslisensies bedryf word.

Altesame 4 520 boetes is vir verskeie verkeersoortredings uitgereik.

“Ons het dit sedert die begin van die jaar onder die publiek se aandag gebring dat ons verskeie bykomende stappe doen om die wetteloosheid op ons paaie en veral in die openbarevervoerbedryf hok te slaan. Die statistieke weerspieël stadig maar seker die impak van hierdie stappe,” sê Smith in die verklaring.

Meer oor:  Kaapstad  |  Seepunt  |  Misdaad  |  Boetes  |  Inhegtenisname  |  Taxibestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.