Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxibestuurders in skurke se visier

Misdadigers maak jag op die bestuurders van taxi’s en Ubers in die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal.

Kapt. Carmen Rhynes, polisiewoordvoerder, het Donderdag bestuurders gewaarsku dat misdadigers hulle as ’n klant voordoen en dan die bestuurder vra om langs die pad vir ’n vriend te stop.

Wanneer albei misdadigers in die voertuig is, rig hulle ’n vuurwapen op die bestuurder, waarna hy of sy gekaap en van hul inkomste en persoonlike besittings soos selfone beroof word.

In sommige gevalle word die bestuurder ontvoer en uiteindelik in ’n afgesonderde gebied wat hy of sy nie ken nie afgelaai.

Rhynes sê talle sulke gevalle is in die metro se suidelike streek soos Umlazi en omliggende gebiede aangemeld.

Die polisie is besorg oor die veiligheid van bestuurders wat vir maatskappye soos Uber en Taxify werk en sê hulle het albei maatskappye genader om hul samewerking te vra om groter bewustheid onder hul werknemers te wek.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil met Uber- en Taxify-bestuurders saamwerk om te verhinder dat hulle die slagoffers van sulke misdade word,” sê Rhynes.

Rhynes sê Uber het reeds sy samewerking gegee maar hulle versoek Taxify-bestuurders om die polisie by 031 325 5530 te skakel indien hulle die volgende vergadering oor die kwessie wil bywoon. Uber-bestuurders en taxibestuurders wat vir ander maatskappye werk, is ook welkom om die vergadering by te woon.

Meer oor:  Ethekwini-Munisipaliteit  |  Uber  |  Taxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.