Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxidrywer verbind aan Vryheid-plaasmoord
Slagoffer, Billy van Rooyen, met sy vrou Karlien en hul twee seuns, Izak (4) en Lodewyk (7). Foto: Verskaf

’n Taxibestuurder is weens die moontlike betrokkenheid by die moord op Billy van Rooyen (38) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), op hul familieplaas buite Vryheid in hegtenis neem.

Hy het glo die mans wat moontlik by die moorde betrokke was, rondgery.

Volgens ’n plaaslike polisiebeampte, wat anoniem wil bly, het die taxibestuurder agt mans uitgewys nadat hy in hegtenis geneem is. Hy sê vingerafdrukke van dié mans is op die toneel gevind.

“Ons is op soek na hulle, maar ons glo hulle het almal te voet gevlug.”

Die groep mans het op 19 April met AK47’s en haelgewere die vier huise op die Van Rooyen-familieplaas deels omsingel, voordat hulle die pa en oupa doodgeskiet het.

Billy, die pa van twee klein seuntjies, het daardie Dinsdagaand geluide gehoor en uitgegaan om te kyk wat aangaan.

Hy is twee keer in die bolyf geskiet.

Terwyl sy vrou, Karlien (37), hom in die huis probeer insleep het, het haar pa, Ronnie, uit sy huis 10 m van hulle s’n gehardloop gekom. Hy is in die linkersy geskiet.

Billy is in die ambulans op pad hospitaal toe dood en Ronnie Woensdagoggend in die hospitaal.

Billy se pa, Lood, is met ’n geweer op die voorkop en die wang geslaan.

Hy is die Woensdagoggend ná die aanval uit die hospitaal ontslaan.

Agt mans wat vier dae lank ná die aanval vir ondervraging aangehou is, is almal vrygelaat nadat bevind is dat hulle niks met die moorde te doen gehad het nie.

Die taxibestuurder sal Dinsdag in die landdroshof in Vryheid verskyn.

Meer oor:  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.