Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxigeweld eis nog 3 lewens in Kaapstad

’n Taxibestuurder en sy assistent is Maandagoggend in Lusaka, in Nyanga in Kaapstad, doodgeskiet kort nadat hulle vanaf die Oos-Kaap in die gebied aangekom het.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê volgens inligting is daar omstreeks 05:00 op die taxi losgebrand en albei insittendes is noodlottig getref.

Brig. Potelwa sê in ’n ander taxivoorval, op die hoek van Sheffield- en New Isleben-straat, ook in Nyanga, is daar net ná 05:00 op taxibestuurders in ’n Quantum-taxi losgebrand.

“ ’n 24-jarige taxibestuurder is doodgeskiet, terwyl twee ander ernstige beserings opgedoen het en na ’n mediese fasiliteit gehaas is.”

Die aanvalle bring die dodetal in die taxigeweld op die Kaapse Vlakte sedert Vrydag op vyf te staan.

Poltewa sê drie taxibestuurders, 25, 27 en 33 jaar oud, is verlede Vrydagaand in Philippi-Oos doodgeskiet. Twee ander, 28 en 38 jaar oud, is tydens die skietery gewond.

Potelwa sê al die skietvoorvalle word deur die georganiseerde misdaadondersoekspan ondersoek. Mense met inligting oor die voorvalle word versoek om lt.kol. Tarentaal by 079 894 1379 te bel.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Kaapstad  |  Doodgeskiet  |  Taxigeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.