Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taximan doodgeskiet toe hy leerlinge aflaai

’n Taxibestuurder (30) is Maandag doodgeskiet terwyl hy besig was om skoolkinders by hul huise in Delft op die Kaapse Vlakte af te laai.

Een van die insittendes, ’n 12-jarige meisie, is in die hospitaal opgeneem nadat sy ook gewond is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Maandag omstreeks 16:20 in Blikkiesdorp plaasgevind.

“Die bestuurder is verskeie kere geskiet. Een van die leerlinge wat raakgeskiet is, word by ’n nabygeleë hospitaal behandel,” sê Rwexana.

Rwexana kon nie die oorsaak van die voorval bevestig nie. “ ’n Saak van moord en strafbare manslag word ondersoek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.