Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tazne se lyk erg ontbind, aan DNS uitgeken

Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR van gesondheid, het Dinsdag ’n fout gemaak deur te sê die uitslae van DNS-toetse wat gedoen is op ’n lyk wat naby Worcester gevind is, is bekend.

Lees die jongste berig hier.

 


 

Die ontbinde lyk van ’n meisie wat Woensdagaand in ’n stormwaterpyp langs die N1 buite Worcester gevind is, is deur DNS en vingerafdrukke geïdentifiseer as dié van Tazne van Wyk (8).

Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR van gesondheid, het Dinsdag by die staatslykhuis in Worcester gesê Tazne se ma, Carmen van Wyk (28), het haar kantoor die vorige dag gekontak.

“Sy was baie hartseer en al wat sy gevra het, is om haar kind te sien.” Dit sou enige ma se versoek wees as sy haar kind in sulke omstandighede verloor en “al wat ek kon doen, is om die proses vir hulle te fasiliteer”.

Tazne van Wyk (8)

Mbombo het ook gereël dat maatskaplike werkers van die departement van maatskaplike ontwikkeling berading verskaf en die mense voorberei op wat hulle kan verwag sou hulle aandring om haar lyk te sien. Omdat die lyk in ’n gevorderde stadium van ontbinding was, is DNS en vingerafdrukke gebruik om die identiteit te bepaal.

Mbombo het gesê die ouers sal nou ook met die finale begrafnisreëlings kan begin.

Meer oor:  Moyhdine Pangarker  |  Tazne Van Wyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.