Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
1 gewond toe rowers op bus met studente toeslaan

'n Lid van die publiek is geskiet toe ’n bus vol Amerikaanse uitruilstudente Maandag beroof is toe hulle by ’n skool in Mamelodi, oos van Pretoria, aangekom het vir ’n uitreikprogram.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse kommissaris van polisie, het in ’n verklaring gesê die 19 studente en twee professors is omstreeks 13:30 deur ’n bende van minstens vyf rowers by die Viva Foundation School in Mamelodi-Oos beroof.

Die aanvallers het ’n werknemer van die skool aangerand en die insittendes in die bus van skootrekenaars, fone, kameras en vliegtuigkaartjies beroof. 

Volgens Mawela is ’n lid van die publiek deur ’n opslagkoeël getref toe die rowers lukraak losgebrand het toe hulle in ’n wit Toyota Quantum sonder nommerplate gevlug het.

Die beseerdes na ’n private hospitaal geneem.Robert Mearkle, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het gesê hulle is bewus van die voorval en dat hul inligting is dat geen Amerikaners beseer is nie.

Meer oor:  Mamelodi  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.