Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Terwyl orrelis speel gedurende kerkdiens, kom gryp dief sy foon

Niks is meer heilig nie en nêrens is mense se goed meer veilig nie.

Dít het kerkgangers in die Lutherse kerk in Dan Pienaar in Bloemfontein geleer toe ’n dief doodluiters tydens die kerkdiens na die galery gestap het en die besoekende orrelis, prof. Nicol Viljoen, professor en hoof van die Odeion Skool vir Musiek (OSM) aan die Universiteit van die Vrystaat, se selfoon van die orrel gegryp het.

Die selfoondief het daarna laat spaander.

Viljoen het regdeur die voorval aanhou speel, terwyl kerkgangers gewonder het watter geraas van die galery kom.

Hulle het eers ná die diens verneem dat ’n man die kerk binnegaan het, ’n verwarmer na die orrelis gegooi en die Samsung-selfoon gegryp het.

Viljoen, wat Sondag vir die eerste keer as gasorrelis by die kerk gespeel het, sê hy wil nie graag die kerk “in die kollig plaas oor ’n geringe ding nie”.

“Dit is ongelukkig dat soiets in die kerk gedurende ’n kerkdiens gebeur het. Dit is ongewone omstandighede.”

Hy sê hoewel dit ’n slegte ervaring was, was dit glad nie ’n bedreiging nie.

Hans Heinze, voorsitter van die kerkraad, sê die ingang na die kerk is altyd oop gedurende ’n diens en die dief het deur die voorportaal toegang tot die kerk gekry.

Hy het met die trappe opgegaan na die galery, die selfoon gegryp terwyl die orrelis gespeel het en weer uit die kerk gehardloop.

Viljoen het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Dan Pienaar  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.