Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tien vas ná vlaag misdaad in Kimberley
Vier gewapende rowers het verlede Woensdag omstreeks 05:30 by ’n huis in Kekewichrylaan in Kimberley ingebreek en ’n paartjie ’n halfuur lank aangehou. Foto: Christiaan Cloete

Ná ’n vlaag misdade waarin slagoffers in Kimberley ontvoer en beroof of in hul huise beroof is, het die polisie tien mense in hegtenis geneem.

“Die slagoffers is die afgelope weke met vuurwapens gedreig, waarvan sommiges ontvoer en in die veld vasgebind, besteel en daar gelaat is. Ander is in hul huise deur misdadigers vasgekeer en beroof,” sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder.

“Ons het tien verdagtes, waarvan twee in Brits in Noordwes, aangekeer. Hulle word van gewapende roof en besit van vermoedelik gesteelde goedere in Kimberley en Galeshewe aangekla. Hulle gaan onderskeidelik op 22, 23, 26 en 27 November aansoek om borgtog doen.

“Nog inhegtenisnemings kan volg.”

  • Enigiemand wat onder soortgelyke misdaad deurgeloop het of inligting oor die voorvalle het, kan kapt. Tshawa Browers, ondersoekbeampte, by 082-447-1829 of 053-838-4200 bel.
Meer oor:  Kimberley  |  Ontvoering  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.