Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener aangekeer ná moord op 76-jarige vrou

’n 15-jarige seun is Sondag deur die Kaapse polisie aangekeer in verband met die moord op ’n 76-jarige vrou van Manenberg.

Die verdagte is glo verwant aan die vrou, wat ’n plaaslike wyksraadslid van Eljieskraal Way was.

Kapt. FC van Wyk, plaaslike polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die vrou se halfnaakte lyk is Sondag in haar huis gevind. Haar seun het volgens Van Wyk ongeveer 12:00 die ontdekking gemaak.

Sy het glo verskeie steekwonde op haar bolyf gehad.

’n Saak van moord is vir ondersoek geopen.

Die seun is enkele ure nadat die saak aangemeld is, vasgetrek.

Hy sal volgens Van Wyk binnekort in die landdroshof in Athlone verskyn.

Van Wyk wou nie verder uitwei oor die saak nie en het gesê ondersoek word nog gedoen om die motief van die moord vas te stel.

Meer oor:  Polisie  |  Manenberg  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.