Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener aangekeer ná moord op vrou wat vir Uber wag

’n Tienerseun is Sondagmiddag in verband met die moord op Lauren Dryden (31), wat Vrydagoggend beroof en doodgeskiet is terwyl sy op ’n Uber-taxi gewag het, in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die 15-jarige seun sal in die landdroshof in Athlone verskyn sodra hy aangekla is.

Dryden, wat vir RCL Foods in Epping, ’n nywerheidsgebied in Kaapstad, gewerk het, is beroof en geskiet terwyl sy op die taxi gewag het om haar huis toe te neem.

Angus McKenzie, wyksraadslid vir Bonteheuwel, spreek die gemeenskap toe. Foto: Verskaf

Angus McKenzie, wyksraadslid vir Bonteheuwel, het Maandagoggend ná Dryden se moord saam met gemeenskapslede voor die landdroshof in Bishop Lavis teen geweld teen vroue en kinders betoog.

McKenzie sê die gemeenskap is moeg vir al die geweld en vir oortreders wat nie vervolg en gestraf word nie.

“Die gemeenskap is gefrustreerd oor die geweld teen vroue en kinders en wens dat dit tot ’n einde sal kom.”

Hy sê daar is twee kwessies wat die gemeenskap vra gepak moet word. Die eerste kwessie is dat geslagsgeweld teen vroue en kinders moet stop en die tweede dat die “swak werk” wat deur die polisie en die strafregstelsel gedoen word, moet stop.

“Geslagsgeweld moet stop. Ons kan nie elke keer toekyk hoe geweld teen vroue en kinders gepleeg word nie. Verlede maand is ’n agt maande oue baba vermoedelik deur sy ouers vermoor. En Vrydag is Lauren Dryden van haar selfoon beroof en toe vermoor. Dit kan nie so aangaan nie. Die gemeenskap het standpunt ingeneem dat hulle oor geslagsgeweld gaan praat.”

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit (met blou masker), praat saam met Angus McKenzie met lede van die gemeenskap. Foto: Verskaf

McKenzie sê dit is nie net geslagsgeweld wat ’n probleem is nie, maar ook die strafregstelsel en die polisie wat volgens hom nie hul werk doen nie.

“Die persoon wat vir die roof en moord op Lauren Dryden aangekeer is, is al verskeie kere gearresteer, maar het skotvry daarvan af gekom omdat die strafregstelsel nie werk nie. Dit moet tot ’n einde kom. Die howe moet weet dat die mense siek en sat is omdat hulle nie voordeel uit die strafregstelsel trek nie.”

Hy sê speurders het heeltemal te veel sake en dat howe te sag is wanneer dit by sulke sake kom.

“Ons is ernstig as ons sê geslagsgeweld moet stop en dat daar ’n einde moet om aan gewoontemisdadigers, wat deur die krake van die strafregstelsel val.”

Meer oor:  Uber  |  Moord  |  Tiener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.