Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener aangekeer ná verkragting van jonger seuns

’n Tienerseun van Postmasburg in die Noord-Kaap verskyn Maandag in die landdroshof in die dorp in verband met die beweerde verkragting van drie jonger seuns.

Die tiener is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van twee negejarige seuns en een agtjarige.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die 18-jarige verdagte het die kinders vermoedelik oor ’n tydperk verkrag. Die jongste voorval was glo verlede Saterdagmiddag toe hy hulle na sy plakkershut geroep het.

Dit is onbekend wanneer die beweerde verkragtings begin het en hoeveel keer die kinders deurgeloop het.

Die kinders het in die pad gespeel, nie ver van die tiener se huis nie, toe hy hulle weggelok het.

Die kinders het in die pad gespeel, nie ver van die tiener se huis nie, toe hy hulle weggelok het.

Volgens Ramatseba het hy die kinders glo eers met ’n mes gedreig en gesê hy gaan hulle doodmaak voor hy hulle gemolesteer het.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die tiener meer kinders gemolesteer het en vra ouers wie se kinders moontlik van sy slagoffers was, om die Postmasburg-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe te kontak.

“Ouers moet seker maak hul kinders is altyd veilig en beland nie in die hande van bose mense met verskuilde motiewe nie,” sê Ramatseba.

Die verdagte sal op drie aanklagte van verkragting in die hof verskyn.

* Ouers kan wat vermoed hulle kinders is ook slagoffers van die tiener, kan ao. Deborah Bob bel by 082 454 3643.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.