Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Leerling buite skool in Johannesburg doodgesteek

’n Seun (16) is Woensdagoggend buite ’n skool in Mondeor, in die suide van Johannesburg, doodgesteek.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is paramedici om 08:14 na die toneel ontbied.

“Die pasiënt het ’n steekwond in sy bors opgedoen en geen teken van lewe getoon nie.”

Meiring sê alle pogings deur paramedici om hom by te bring was tevergeefs.

Die polisie het nie dadelik op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Die departement van onderwys in Gauteng het bevestig die seun was 'n leerling van Mondeor High School. 

Meer inligting volg.

Mondeor High School
Mondeor High School Foto: Google Maps

Meer oor:  Mondeor  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.