Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener deur dwaalkoeël aan kop geskraap

’n Vermeende bendeskietery in Port Elizabeth se noordelike voorstede het Woensdagmiddag ’n tienermeisie met ’n vleeswond aan haar kop gelaat.

Die skieter het na bewering agter ’n boom in Deverellweg in Helenvale weggekruip en die skote afgevuur.

Die polisie het Maandag klopjagte in Port Elizabeth se noordelike voorstede uitgevoer by berugte huise waar bendeverwante-aktiwiteite glo plaasvind. Foto: Lulama Zenzile

’n 15-jarige meisie wat saam met ander mense binne ’n huis se erf aan die oorkant van die pad gestaan het, is tydens die skietvoorval getref.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die meisie het ’n skraapwond aan haar kop opgedoen. Die meisie, glo ’n leerling van Gelvandale High School, is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Die skieter het dadelik ná die voorval weggehardloop en is tans onbekend aan die polisie.

Die tienermeisie was vermoedelik nie die teiken nie, maar dit is nog onduidelik op wie die aanvaller geskiet het.

Naidu sê die provinsiale georganiseerde bendemisdaad-ondersoekeenheid sal ’n saak van poging tot moord ondersoek.

Die skietvoorval van Woensdagmiddag volg ná ’n bloedige naweek in dié bendegeteisterde gebied.

Minstens vier mense is tussen Vrydag en Sondag in afsonderlike voorvalle wat vermoedelik bendeverwant was in die noordelike voorstede vermoor.

Die vermeende bendegeweld het Maandag voortgeduur met ’n 28-jarge man wat in die vroeë oggendure in Bethelsdorp se Uitbreiding 21 doodgeskiet is. Hy is twee keer in die gesig geskiet terwyl hy geslaap het.

Later Maandagmiddag het etlike skole hul deure gesluit toe skote in Uitbreiding 21 en 31 klap.

Die polisie het Maandag ook verskeie klopjagte uitgevoer op berugte huise waar bende-aktiwiteite glo plaasvind. Agt vuurwapens is gekonfiskeer en nege mense is tydens die operasie in hegtenis geneem.

Intussen het die polisie Woensdagoggend ook ’n 18-jarige seun vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in Helenvale vasgetrek.

Naidu sê beamptes van die Gelvandale-polisiekantoor se opsporings-span het omstreeks 09:30 op ’n skietvoorval in Reginaldweg gereageer.

“Skote was in die gebied gehoor en die polisie het onmiddellik in daardie rigting uitbeweeg.

“Die verdagte het op hulle (die polisie) afgehardloop en toe hy besef dit is die polisie, het hy die vuurwapen laat val. Hy is in hegtenis geneem en die vuurwapen (’n 6.35 Browning) is gekonfiskeer.”

Die speurders is tans besig om te probeer vasstel wie die eienaar van die wapen is.

Die seun sal binnekort in die hof voorkom.

Meer oor:  Helenvale  |  Port Elizabeth  |  Bendeskietery  |  Misdaad  |  Dwaalkoeël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.