Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener in Noordwes steek glo medeleerling dood

’n Tiener is Maandag naby Mooinooi in Noordwes dood toe ’n ander skoolkind hom glo met ’n mes gesteek het.

Felies Sithembile (15) was omstreeks 14:00 van die skool af op pad huis toe, toe ’n 15-jarige medeleerling hom na bewering aangeval het, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, Dinsdag gesê.

“ ’n Verbyganger het Felies na ’n plaaslike kliniek gebring, maar hy is daar dood.”

Volgens Myburgh het die verdagte van die toneel gevlug, maar sy ouers het hom Dinsdag omstreeks 08:30 aan die polisie oorhandig.

Sy identiteit mag nie bekend gemaak word nie omdat hy nog minderjarig is. Die verdagte sal gehanteer word ingevolge toepaslike wetgewing vir kinders.

Meer oor:  Felies Sithembile  |  Mooinooim Noordwes  |  Medeleerling  |  Tiener  |  Misdaad  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.