Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener jok glo oor ontvoering deur Nigeriërs

’n Tiener van Noordwes is in die moeilikheid nadat sy glo gejok het oor drie Nigeriërs wat haar kwansuis ontvoer het.

Die polisie ondersoek nou ’n klag van meineed, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, in ’n mediaverklaring gesê.

Volgens haar het die 15-jarige meisie beweer dat drie mans haar Maandag omstreeks 07:00 in ’n swart Volkswagen Polo in die Jouberton-township in Klerksdorp ontvoer het toe sy op pad was skool toe.

“ ’n Stemboodskap hieroor is wyd in plaaslike kringe gedeel. Die meisie het beweer dat haar ontvoerders soos Nigeriërs geklink het. Sy het gesê sy het by die motor uitgespring en ontsnap. Sy het ’n saak van ontvoering aanhangig gemaak.”

Volgens Myburgh het die polisie dadelik begin om dit te ondersoek, maar toe agtergekom dat die klaer glo onder eed gejok het. Die meisie sal nou ingevolge die Wet op Kinderberegtiging aangekla word.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het die publiek gewaarsku om nie valse klagte aanhangig te maak of valse verklarings af te lê nie. Dit is meineed, wat ’n strafregtelike oortreding is.

“Die verspreiding van vals inligting kan onbestendigheid in gemeenskappe veroorsaak.”

Meer oor:  Noordwes  |  Tiener  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.