Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener se verkragters in Welkom gesoek

Die polisie in die Vrystaat soek drie mans wat ’n 16-jarige meisie van Welkom by ’n voertuig ingedwing, ontvoer en verkrag het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die meisie, haar suster en dié se verloofde het op 15 September teen omstreeks 21:00 wegneemetes gaan koop.

Drie mans in ’n ou silwer- of goudkleurige Toyota Tazz het by die meisie stilgehou terwyl sy buite die winkel gestaan het. Sy is by die motor ingedwing en geblinddoek.

Die mans het gesê hulle sal haar vermoor deur haar aan die brand te steek as sy haar teësit.

Makhele sê die meisie is toe na ’n stuk veld in Seeumeeupark, ’n woonbuurt van Welkom, geneem waar hulle haar herhaaldelik verkrag het.

Die mans het gesê hulle sal haar vermoor deur haar aan die brand te steek as sy haar teësit.

Sy kon egter in ’n stadium wegkom en het ’n polisiemotor in die gebied voorgekeer. Die polisielede het sonder sukses na die verkragters gesoek.

Die bestuurder van die motor het lang hare in ’n rasta-styl en een van die ander het kort hare in ’n soortgelyke styl.

Makhele sê hulle is tussen 30 en 40 jaar oud en die polisie vermoed dat die motor as ’n huurmotor gebruik word.

Enigiemand met inligting oor die verkragters word gevra om die polisie in sy ondersoek te help.

Meer oor:  Welkom  |  Tiener  |  Misdaad  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.