Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener slaan glo sy ouma dood

’n Tiener van Groblershoop in die Noord-Kaap bly Paasnaweek agter tralies nadat hy glo sy ouma tydens ’n onderonsie doodgeslaan het.

Kapt. Olebogeng Tawana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 17-jarige seun gaan Dinsdag op ’n aanklag van moord in die dorp se landdroshof verskyn.

Die kind is Donderdag in Grootdrink, naby Groblershoop, by sy 64-jarige ouma se huis in hegtenis geneem

Volgens Tawana het die vrou en haar kleinseun glo dié dag in ’n woordewisseling betrokke geraak en ’n onderonsie het ontstaan. Die vrou se lyk is in haar huis gekry.

Die seun is op die toneel in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.