Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener vas ná skietdood van 3 in viswinkel
Die viswinkel in Lotusrivier waar drie mans op 9 September doodgeskiet is. Foto: Verskaf

’n Tienerseun is Maandagaand in ’n opsporingsoperasie deur die polisie in hegtenis geneem weens die moord op drie mans by ’n viswinkel in Lotusrivier.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, kon nie sê wanneer die 17-jarige seun in die hof sal verskyn nie.

Twee vermeende bendelede het op 9 September by ’n viswinkel in Lotusrivier ingegaan om vis en skyfies te koop.

Terwyl hulle by die toonbank gewag het, het ’n onbekende man die winkel binnegekom en op die twee begin skiet.

Die vermeende bendelede het na die agterkant van die winkel gehardloop om die koeëls te ontduik, maar die aanvaller het hulle agternagesit.

’n Winkelassistent wat die skote hoor klap het, het probeer wegkom, maar was tussen die skieter en sy slagoffers vasgevang.

Al drie mans is doodgeskiet.

Die opsporingspan het ook ’n 26-jarige man by ’n huis in Site B, Khayelitsha, in hegtenis geneem nadat hulle 307 Mandrax-tablette met ’n geskatte straatwaarde van sowat R20 000 in die huis gekry het.

Die man sal volgens Rwexana in die landdroshof in Khayelitsha verskyn op ’n aanklag van handel in dwelms.

In nog ’n voorval is ’n 27-jarige man in Nyanga in hegtenis geneem nadat hy glo in besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevind is.

Meer oor:  Lotusrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.