Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener vas ná mislukte kaping

Wetstoepassingsbeamptes van die Kaapstad-metro het Maandag ’n 16-jarige seun in hegtenis geneem nadat hy en ’n makker na bewering ’n voertuig met 17 leerlinge gekaap het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, het Dinsdag gesê die beamptes se hulp is ingeroep nadat ’n blou Toyota Avanza naby Khayelitsha gekaap is.

Volgens Smith het die beamptes by die toneel naby Spineweg opgedaag en gesien hoe die vermeende kapers die leerlinge op die N2 in die rigting van Kaapstad aflaai.

Die verdagtes het die nabygeleë bosse ingevlug toe hulle die beamptes sien.

Lede van die metro se stabiliseringseenheid wat ook op die noodoproep gereageer het, het een van die vermeende kapers aangekeer.

Die bestuurder van die gekaapte voertuig het die 16-jarige seun van Browns Farm in Philippi as een van die vermeende kapers geïdentifiseer.

• In ’n afsonderlike voorval Maandag het lede van die metro se honde-eenheid twee mans (32 en 33) in Bothasig vir die besit van dwelms en die besit van ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem.

Ruth Solomons, woordvoerder van die metroraad se wetstoepassingsafdeling, het gesê inligting is ontvang van twee verdagtes wat in ’n voertuig op die parkeerterrein van die Richmond-winkelsentrum sit.

Die voertuig is deursoek en ’n enkele Mandrax-tablet is in die voertuig gekry. Verdere ondersoek het getoon dat die voertuig vroeër die maand in Milnerton gesteel is.

Lede van die metroraad se honde-eenheid het twee mans Maandag vir die besit van ’n gesteelde voertuig en die besit van dwelms in hegtenis geneem. Die voertuig is vroeër die maand in Milnerton gesteel. Foto: Verskaf

Meer oor:  Jp Smith  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Polisie  |  Arrestasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.