Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tiener wat 6-jarige ‘seksueel aanrand’ sal nie hof toe gaan

Die 13-jarige seun wat glo ’n sesjarige seksueel aangerand het in die badkamer van ’n Wimpy-restaurant is in hegtenis geneem, maar kry nou ’n tweede kans.

Doris Makgaba konfronteer die seun.

Rapport het vroeër berig dat die ma van die sesjarige op verkiesingsdag in Mei by die Wimpy op Mooinooi in Noordwes gaan koffie drink het toe haar dogter spoorloos verdwyn het. Sy het haar dogter in die mansbadkamer gekry wat gesluit was met die seun en meisie binne.

Doris Makgaba (44), ’n restaurantganger wat tussenbeide getree het, het vroeër aan Rapport gesê die kind het die heeltyd by die restaurant en later weer by die polisiekantoor na haar privaat dele gewys en gevra waarom die seun op haar “gepiepie” het.

“Die ma het vir my gesê dat die dogtertjie se pantie verkeerd om aan was toe sy uit die toilet uit kom. Sy het haar skoene in haar hand vasgehou.” Die dogtertjie se verwysing na die “piepie” het die ma geweldig ontstel omdat “dit haar ergste vermoedens bevestig het dat daar moontlik iets verskriklik met haar kind gebeur het”, het Makgaba gesê.

Brig. Sabata Mokgwabone, ’n Noordwes-polisiewoordvoerder, het aan Rapport bevestig dat die seun inderdaad verlede maand in hegtenis geneem is nadat die polisie ’n voorlopige ondersoek gedoen het en met die ouers van die seun en meisie beraadslaag het. Hy wou nie sê wat die klag was nie.

“Die dossier is die volgende dag na die hof geneem. Die saak is toe uitgestel na 21 Mei.”

Hy sê die strafregtelike saak is nou verwys vir afwenteling. Dit beteken die seun word nie strafregtelik vervolg nie mits hy suksesvol ’n afwentelingsprogram voltooi. Dit kan van berading tot gemeenskapsdiens insluit.

’n Berader van die Sinoville-krisissentrum in Pretoria wat slagoffers van seksuele misdade in hofsake bystaan, sê ’n formele hofsaak is traumaties vir die slagoffers. Hulle word forensies beoordeel en voorberei vir die hofsaak, maar hulle mag nie beïnvloed word nie en daarom geen sielkundige berading kry voordat die hofsaak afgehandel is nie.

Indien die beskuldigde ook ’n kind is – soos in dié geval – is dit soms beter om op ’n meer konstruktiewe en positiewe manier die saak af te handel in die beste belang van albei kinders, sê hy.

Meer oor:  Doris Makgaba  |  Mooinooi  |  Wimpy  |  Seksuele Aanranding  |  Kindermolestering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.