Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tienermeisie in Athlone doodgeskiet

’n Meisie van 15 jaar het Sondag aan haar wonde beswyk nadat sy in ’n skietgeveg in Belgravia in Athlone, Kaapstad, in die kruisvuur van ’n oor-en-weer-skietery beland het.

Siyabulela Malo, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die skietvoorval in die Vygieskraal- informele nedersetting is eers Maandag by die polisie aangemeld.

Hoewel sommige inwoners op die Western Cape Gangwatch Facebook-blad die weermag vir die voorval kwalik neem, het ander gesê dit was bendelede wat op mekaar geskiet het.

“Verskeie skote is afgevuur en ’n meisie, Celest, is noodlottig gewond en is later in die hospitaal dood,” skryf een inwoner.

Kort daarna is daar egter op die Facebook-blad gesê dit was nie die weermag wat die tienermeisie geskiet het nie en dat die skuldiges bendelede is “wat op Americans-bendelede in die vlei geskiet het”.

Nog ’n inwoner het aan die administreerder van die blad geskryf: “Ek is ’n ooggetuie wat anoniem wil bly. Toe hulle daardie meisie geskiet het, het ek gesien wie haar geskiet het en ander mense het ook gesien, maar hulle is bang om te sê wie dit is. Die weermag was nooit daar toe die meisie geskiet is nie. Die weermag het eers later die nag gekom.”

Die weermag het alle navrae na die polisie verwys.

“Die voorval wat in Athlone plaasgevind het, moet na die polisie verwys word aangesien dit ’n polisiesaak is,” het die weermag gesê.

Meer oor:  Athlone  |  Tiener  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.