Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tieners vas ná skietery in Petrusville

Twee 17-jarige tieners verskyn binnekort in die periodieke hof in Petrusville in die Noord-Kaap ná ’n skietvoorval en inbraak op die plaas Skeerkloof tussen Orania en Vanderkloof waarin die plaasvoorman (27) dood is.

Hulle word van onder meer moord, poging tot moord en huisbraak aangekla.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Dinsdag omstreeks 19:00 gebeur. Die vermeende skieter het probeer vlug, maar die polisie het hom voorgekeer en hy word van moord aangekla.

“Die twee jong mans het na bewering by die plaashuis ingebreek en alkohol gesteel. Hulle het ook toegang tot die kluis verkry en ’n jaggeweer gevat. Die plaasvoorman, wat buite was, is toe na bewering doodgeskiet. Nog skote is afgevuur.

“Een verdagte is op die plaas aangekeer. Die tweede verdagte het gevlug, maar is ook in hegtenis geneem.

Meer oor:  Petrusville  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.