Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tienerseun skiet glo oupa dood

’n Tiener van Dullstroom in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy oupa met ’n windbuks doodgeskiet het.

Die polisie in Mpumalanga sê die 16-jarige en sy 63-jarige oupa het Sondagmiddag ’n heftige rusie gehad. Die seun het toe na bewering na sy oupa se kamer gegaan, ’n windbuks gaan haal en sy oupa geskiet.

’n Lid van die publiek het die polisie en nooddienste ontbied. Paramedici het alles in hulle vermoë gedoen, maar die oupa is op die toneel dood.

“Tydens ’n voorlopige ondersoek is bevind dat die ouer man ’n koeëlwond aan sy bolyf het. Die seun is in hegtenis geneem en aangekla van moord. Die vuurwapen is vir ballistiese toetse gestuur,” sê die polisie in ’n verklaring.

Die tiener, wat onder die sorg van proefbeamptes is, sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Nelspruit  |  Dullstroom  |  Windbuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.