Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
TLU bly bekommerd oor plaasmoorde

Al het die aantal plaasmoorde afgeneem, bly die landbou-organisasie TLU steeds bekommerd daaroor.

Volgens die statistieke was daar tussen Maart 2018 en Maart 2019 altesaam 47 moorde op plase en kleinhoewes.

Dit blyk uit die jongste nasionale misdaadstatistieke wat die polisie onder leiding van Khehla Sitole, die nasionale polisiehoof, en Bheki Cele, minister van polisie, Donderdag in die parlement bekend gestel het.

Bheki CeleFoto: JACO MARAIS

Die 47 moorde wat in 41 voorvalle gepleeg is, het gepaardgegaan met 22 huisrooftogte, sewe voorvalle van poging tot moord, twee voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer, twee rooftogte by nie-residensiële persele, twee voorvalle van motordiefstal asook een voorval van veediefstal.

Van die slagoffers was 36 mans en 11 was vroue. Die grootste groep slagoffers was mans tussen 50 en 71 jaar oud. Die jongste slagoffer van die moorde was 19 jaar oud, terwyl die oudste tussen 80 en 89 jaar oud was.

In die 2017-’18-boekjaar is altesame 62 moorde op plase en kleinhoewes gepleeg.

Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU, het in ’n verklaring gesê die polisie se statistieke stem min of meer ooreen met dié van die organisasie, maar die aantal aanvalle verskil baie. Hul eie register toon dat 48 plaasmoorde in die 2018-’19-boekjaar gepleeg is.

Volgens Geldenhuys kan die afname in hierdie moorde toegeskryf word aan die “hoogs suksesvolle veiligheidstrukture” wat die TLU en ander geskep het asook die uitbreiding daarvan in plaasgemeenskappe.

“Dié strukture het daartoe gelei dat baie aanvalle gefnuik is omdat die netwerk so paraat is en vinnig reageer.”

Met verwysing na die miljoene rondtes ammunisie en 4 537 vuurwapens van die polisie wat in die afgelope ses boekjare verlore geraak het en vroeër vanjaar deur Cele in antwoord op ’n parlementêre vraag erken is, is “problematies”, meen hy.

“Dit is teenproduktief om plaasmoorde en aanvalle te verminder, maar dan word ammunisie en vuurwapens teruggeplaas in sirkulasie.”

TLU is ook bekommerd oor die styging van 2,9% in die voorkoms van veediefstal en het gesê hulle sal Cele by sy woord hou dat dié misdaad ernstig opgeneem gaan word.

Meer oor:  Tlu Sa  |  Bheki Cele  |  Plaasmoorde  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.