Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
TLU SA se adjunk skepties oor staat se polisieplanne

Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee en adjunkpresident van die organisasie, meen misdaad is buite beheer, veral in landelike gebiede, waar boere ’n daaglikse stryd moet voer om hulself te beveilig.

Geldenhuys het gereageer op die misdaadsyfers vir Limpopo, waar diefstal en rooftogte in die afgelope boekjaar toegeneem het.

Hy sê hy is skepties oor die polisie se aankondiging gister dat gespesialiseerde polisie-eenhede voortaan plaasaanvalle en -moorde landwyd sal probeer bekamp. Tot dusver was daar nog geen praktiese uitvoering van die landelike veiligheidstrategie wat verlede jaar vir Limpopo opgestel is nie.

Fanie Havenga, voorsitter van Soutpansberg se Distrikslandbou-unie in Limpopo, sê hy is bekommerd dat die land in “totale anargie” verval.

In die afgelope jaar was daar al meer as een geval in die provinsie waar dieselfde slagoffers twee keer aangeval is, soos dié van Joekie­ Nortjé (82) van Louis Trichardt­. Sy en haar seun, Johan (62), is in April op hul kleinhoewe buite die dorp deur vier mans oorrompel.

Sy het gister gesê dit was ’n swaar besluit, maar die kleinhoewe is ná die tweede aanval in die mark gesit.

Vir Johan, wat ná die tweede aanval ’n beroerte gehad het en nou pal versorg moet word, was dit ’n bitter pil om te sluk, sê sy ma. “Hy wou net terug hoewe toe, hy was vreeslik getraumatiseerd deur alles wat gebeur het.”

Meer oor:  Tlu Sa  |  Henry Geldenhuys  |  Fanie Havenga  |  Polisieplanne  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.