Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Toeris kom op swanger verpleegster se lyk af

’n Toeris wat voëls in ’n natuurreservaat wou afneem, het op die lyk van ’n 31-jarige swanger verpleegster afgekom wat in ’n sloot in die Oribi-kloof naby Port Shepstone gelê het.

Die toeris van Johannesburg het verlede Vrydag op die lyk van Nelisa Cele afgekom.

Cele, wat ses maande swanger was, het as verpleegster by die Gamalakhe-gemeenskapsgesondheidsentrum gewerk. ’n Moorddossier is aangelê.

Volgens die departement van gesondheid in die provinsie het Cele verlede Woensdag spoorloos verdwyn toe sy van diens af is om ’n nuwe voertuig in ontvangs te neem.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het sy innige medelye met Cele se familie betuig. “Daar is geen plek vir sulke brutale dade in ons samelewing nie,” het Dhlomo gesê. Hy het enigiemand wat meer lig kan werp op die moord versoek om so gou as moontlik met die polisie in verbinding te tree.

Meer oor:  Oribi-Kloof  |  Port Shepstone  |  Verpleegster  |  Lyk Gevind  |  Toeris  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.