Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Toeriste op hoewe in Buffelsdrift aangeval

Twee Nederlandse toeriste en ’n toergids is Donderdagaand op ’n hoewe naby Buffelsdrift, noord van Pretoria, aangeval.

Dicks Dietsrichsen, wat op die hoewe woon en daar was ten tyde van die aanval, sê die toeriste het saam met die bure gebraai kort voor die aanval. “Toe die bure huis toe is, het drie gewapende mans hulle en hul toergids toegeslaan.”

Die toergids het gehardloop om hulp te gaan soek. Daar is twee skote op die bejaarde toeriste geskiet. Toe die toergids hulp gaan soek het, is ’n skoot op haar ook geskiet.”

Die verdagtes het toe gevlug.

Dietsrichsen sê niemand is beseer nie. “Almal is egter baie getraumatiseerd ná die aanval. Die toeriste en gids het reeds berading gekry,” sê hy.

Volgens hom het een van die bure die gille en skote gehoor en die voorval aangemeld. Die plaaslike polisiëringsforum sowel as lede van die polisie is na die hoewe.

Navrae aan die polisie het onbeantwoord gebly. Dit is nog onbekend of van die aanvallers al in hegtenis geneem is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.