Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Toeriste se gesteelde kajakke gevind

’n Groep Russiese toeriste wie se kajakke van R100 000 in die Oos-Kaap gesteel is, gaan dit danksy ’n oplettende lid van die gemeenskap terugkry.

Toe die groep toeriste se kajakke met sleepwa en al verdwyn, is dié foto daarvan op sosiale media gedeel.

Die witwaterroei-kajakke, wat die groep saam met hulle gebring het, is Dinsdag met sleepwa en al gesteel terwyl hulle by ’n winkelsentrum in Mthatha was.

Hulle moes Donderdag daarsonder huis toe vlieg.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, sê inligting van ’n lid van die gemeenskap het die deurbraak in hul ondersoek gegee.

Volgens Soci het die ondersoekbeampte inligting oor die sleepwa ontvang en dit dadelik opgevolg. Hy het die sleepwa langs die pad tussen Tsolo en Maclear gekry.

“Verdere ondersoek het die polisie na ’n huis in Highbury, naby die Mthatha-dam, gelei waar die kajakke gekry is.”

Niemand is in verband met die diefstal in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap vir hul goeie samewerking met die polisie geloof. Sy sê die gemeenskap speel ’n sleutelrol wanneer dit kom by misdade wat opgelos word.

Die groep toeriste het Dinsdag hul roei-ekskursie onderbreek om ’n lid van hul groep na die St. Mary-hospitaal in Mthatha te neem.

Volgens Ntshinga het die klaer ook die polisie bedank.

Die groep toeriste het Dinsdag hul roei-ekskursie onderbreek om ’n lid van hul groep na die St. Mary-hospitaal in Mthatha te neem.

Ná hul hospitaalbesoek is hulle na die winkelsentrum. Hulle het hul bussie en die sleepwa met die kajakke oorkant een van die ingange geparkeer. Met hul terugkeer was die sleepwa skoonveld.

Die groep van agt was in die land as deel van ’n maand lange witwaterroei-toer in Suider-Afrika. Dit het in Mutare, Zimbabwe, begin, waarná hulle die Zambezirivier aangedurf het.

Hulle het net meer as ’n week gelede in KwaZulu-Natal aangekom en die afgelope week die Tsitsarivier naby Mthatha aangedurf.

Meer oor:  Rusland  |  Kajakke  |  Toeriste  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.