Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Toetssentrum-lede 6 mnde later wéér vas oor ‘bedrog’

Vier werknemers van die Phalala-toetssentrum in Lephalale (Ellisras) is vasgetrek vir die beweerde uitreiking van vals padwaardigheidsertifikate, terwyl drie van hulle alreeds op borgtog vir dié einste beweerde misdade was.

Die Valke het Rapetsoa Lebogang (24), ’n klerk, Peter Schutte, ’n voertuigtoetsbeampte, en Makwena Silas Mashala (28), ook ’n voertuigtoetsbeampte, reeds op 9 April vanjaar weens die beweerde uitreiking van vals padwaardigheidsertifikate in hegtenis geneem.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê nadat die drie op borgtog van R1 000 elk vrygelaat is, is vasgestel dat hulle glo steeds met die beweerde uitreiking van die vals padwaardigheidsertifikate besig is. Hoe hulle na bewering vir die beweerde misdade vergoed is of hoeveel voertuie na bewering betrokke was, is nie bekend nie.

Hierdie keer is ’n verkeersbeampte, Khumalo Zwelihle (37), saam met die drie in hegtenis geneem. Hulle het Dinsdag vlugtig in die plaaslike landdroshof op aanklagte van bedrog verskyn.

Al vier is in aanhouding tot hul volgende verskyning Vrydag in die landdroshof.

Meer oor:  Valke  |  Lephalale  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.