Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tom Gouws se dood ‘enorme verlies vir die samelewing’

Prof. Tom Gouws, akademikus, skrywer, digter en evangelis, se dood is ’n enorme verlies vir die samelewing, sê prof. Jan Buscop, ’n voormalige kollega en boesemvriend van hom.

“Verslaenheid heers onder sy vriende en almal wat hom geken het. Hy het ’n ongelooflike werkvermoë gehad,” het Buscop Donderdagoggend gesê ná die nuus dat Gouws Woensdagaand tydens ’n rooftog op sy kleinhoewe buite Pretoria doodgeskiet is.

“Hy was ’n familieman, baie gelief en het ’n hart vir mense gehad. Tom was nog baie aktief, hy sou op 2 Augustus 57 word.”

Buscop, ’n dosent in toerisme verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikengkampus, vertel hy het sy doktorsgraad in Afrikaans onder Gouws gedoen. “Ons was soos broers.”

Hoewel Gouws, ’n letterkundige, ook by die Universiteit van Pretoria (UP) doseer het, het hy ’n lang verbintenis met die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou die NWU) gehad.

Prof. Tom Gouws Foto: Facebook

Buscop sê Gouws het in 1979 in Mahikeng gematrikuleer, waarna hy met sy studie aan die Potchefstroomse Universiteit begin het. “Hy het reeds op 27, in 1988, sy doktorsgraad in Afrikaans verwerf.”

Daarna het hy ’n kort rukkie by Potchefstroom Gimnasium skool gehou, voordat hy as dosent by die NWU se Vaaldriehoekkampus aangestel is. Toe het hy sowat drie jaar by die UP doseer, waarna hy na die destydse Universiteit van Bophuthatswana in Mahikeng (deesdae deel van die NWU) is.

“Tom het in 2003 rond besluit om sy passie te begin uitleef en betrokke geraak by die bediening, spesifiek met die vestiging van huisgemeentes,” vertel Buscop.

“Hy was steeds daarby betrokke, maar het nog gereeld geskryf, gedig en geresenseer. Terwyl hy nog voltyds in die akademie was, het hy ook baie (akademies) gepubliseer en heelwat meesters- en doktorsgraadstudente gelei.”

Gouws was ook betrokke by universiteitsbestuur en het onder meer in ’n stadium as rektor van die Universiteit van Bophuthatswana waargeneem, sê Buscop.

Meer oor:  Tom Gouws  |  Dood  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.