Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Só is boer en vrou op plaas gemartel

“Die ergste is dat hulle hom soos ’n hond in die veld doodgemaak het. As hulle hom wou doodmaak, hoekom nie in sy huis nie?”

So het Annie Baadjies, huishoudster van Tool Wessels (55) en sy vrou, Liezel Wessels (55), Woensdag gesê nadat haar werkgewers Maandagaand in hul huis op hul plaas, Kapteinsdrif buite Bonnievale in die Wes-Kaap, aangeval en gemartel is.

Tool is vermoor.

Tool Wessels en sy vrou, Liezel, by hul dogters, Annelie (23) en Jana (20), op die plaas Kapteinsdrif.Foto: Verskaf

“Om hulle so seer te maak. Dis nie reg nie.”

Baadjies werk al langer as 21 jaar vir die Wessels-gesin. Sy en haar suster, Ansie Baadjies, het saam met Tool en Liezel uit Citrusdal na Bonnievale getrek.

Sy het gesê as sy Tool moet beskryf, kan sy net een woord gebruik en dit is “dierbaar”.

“Hy was die mees vredeliewende mens. Hy het altyd almal gehelp.”

Grusame besonderhede oor hoe Tool en Liezel gemartel is, het Woensdag aan die lig gekom.

Liezel is eerste oorval en gemartel. Toe Tool later hierop afkom, is hy ook gemartel.

Kokende water uit ’n ketel is glo aanhoudend oor sowel Liezel as Tool uitgegooi in ’n poging om kontant en ander goedere uit hulle te kry.

Na wat verneem word is kookwater in Liezel se gesig en oor haar rug uitgegooi. Sy is ook met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek.

Tool is voor sy dood in sy huis met ’n elektriese boor in sy een slaap geboor deur die vier aanvallers. Dit het vermoedelik bloeding agter sy een oog veroorsaak.

Hul aanvallers was glo werkers op die plaas.

Liezel is in die huis oorval, vermoedelik kort nadat Tool die plaas verlaat het om werkers na hul huise op die dorp te neem.

Die aanvallers het vermoedelik toegang tot die huis verkry deur die skuifdeur aan die voorkant van die huis. Daar is glo nie ’n veiligheidshek aan die skuifdeur nie.

Tool se lyk is Maandag kort ná 23:00 deur een van sy werkers en ’n lid van die plaaswag gevind in ’n verlate pompstasie tussen die wingerde op sy plaas.

Die pompstasie is sowat 2 km van die plaashuis af.

My trane is te veel om vrae te vra. Ek wil weet, maar tog wil ek ook nie weet nie.
Annie Baadjies, huishoudster van Tool Wessels.

Hy het regop teen die muur agter plate teen die agterste muur van die murasie gesit.

Sy hande was agter sy rug vasgebind en ’n das was glo deur sy mond getrek. Hy was net in sy onderbroek geklee. Hy is vermoedelik met ’n enkele koeël in die kop geskiet.

Die Wesselse boer met druiwe en sagtevrugte.

Liezel, wat ook vasgebind was, kon loskom nadat die mans met Tool by die huis uit is. Sy het in haar motor geklim en by ’n buurplaas gaan hulp soek. Daar was niemand.

By ’n tweede buurplaas, Bonnievale Kelders, is sy gehelp en is die polisie en plaaswag van die aanval verwittig.

Liezel word tans in die Worcester Mediclinic behandel.

Mediese personeel by die hospitaal het Woensdag gesê Liezel is nie gereed om met die media te praat nie.

Baadjies het Woensdag gesê dit gaan onder omstandighede goed met Liezel. “Ek het Liezel Maandag net voor 16:00 laas gesien, kort voordat sy gaan oefen het.”

Baadjies het om 17:00 klaar gewerk. Die vermoede is dat die aanvallers Liezel oorval het kort nadat sy van haar oefensessie by die huis aangekom het.

Op die vraag of sy al vir Liezel gevra het wat gebeur het, het Baadjies gesê nee. “My trane is te veel om vrae te vra. Ek wil weet, maar tog wil ek ook nie weet nie.”

’n 19-jarige man van Lesotho is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Drie ander mans, ook Lesotho-burgers, word nog gesoek.

Die polisie het ook ’n .22-geweer, vermoedelik die moordwapen, gevind. Dit is in ’n drein op die plaas gegooi.

Die man is in hegtenis geneem nadat die selfoon van een van die ander drie verdagtes glo in sy besit gevind is. Al vier verdagtes het glo Vrydag laas kom werk.

Die man wat in hegtenis geneem is, verskyn Donderdag in die landdroshof op Barrydale op ’n voorlopige aanklag van moord en poging tot moord.

Meer oor:  Tool Wessels  |  Liezel Wessels  |  Bonnievale  |  Plaasmoord  |  Polisie-Ondersoek  |  Gemartel  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.