SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Misdaad
Topboer van Fairview aangeval
Charles Back, 2017 se Boer van die Jaar is Woensdag by sy huis op die plaas Fairview aangeval. Foto: Jaco Marais

Charles Back, eienaar van die wyn- en kaasplaas Fairview in die Paarl, is Woensdag in die vroeë oggendure ernstig beseer toe drie aanvallers hom in sy huis aangerand het.

Back, wat in 2017 deur die Landbouskrywers SA as die Boer van die Jaar aangewys is en ook eienaar is van die bekende Spice Route-plaas, is die oggend tussen 02:00 en 03:00 oorval. 

Hy is volgens inligting met ’n koevoet oor die kop geslaan en daarna vasgebind.

Back kon egter daarin slaag om los te kom. Hy het in sy motor geklim en hulp gaan soek.

Niemand weet nog presies hoe die aanvallers by die huis ingekom het nie.

Liesbeth Slabbert, Back se persoonlike assistent, het Woensdag kort voor 10:00 gesê hy is ernstig beseer, maar is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Kyk ook: Landbouweekliks kuier by Charles Back

Meer oor:  Charles Back  |  Paarl  |  Fairview  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.