Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Tot 35 kinders per maand in Mangaung verkrag’

Tot 35 kinders word per maand in die Mangaung-metro verkrag, sê Marietha Johnson-Le Roux, direkteur van Kindersorg Bloemfontein en Childline Free State.

Sy het op ’n byeenkoms ten bate van mishandelde kinders gesê dit verstom haar dat hulle moet veg om geld te kry.

Johan Volsteedt, ambassadeur van Kindersorg Bloemfontein en Childline Free State, Michelle van Breda, redakteur van Sarie, Marietha Johnson-Le Roux, direkteur van Kindersorg Bloemfontein, en Hykie Berg, akteur en motiveringspreker. Foto: Cheréne Pienaar

“Ons oorsese borge staak hul bydrae einde Maart. Ons durf nie sê daar is nie meer hulp vir mishandelde kinders nie.”

Die gesondheidsdepartement het hom vier jaar gelede aan die organisasie onttrek.

Johan Volsteedt, die ambassadeur van Kindersorg Bloemfontein, het gesê as ’n mens iets wil verander, moet jy by kinders begin. Hy was nou betrokke by ’n townshipskool waar net 10 persent van die kinders ’n pa het. Dié skool is slegs 7 km vanaf Grey Kollege Sekondêr, waar hy jare lank die hoof was.

Hy het verwys na die ernstige vlakke van misdaad in die informele buurte. “Maar swaarkry is nie net in die townships nie. Ons kinders leef in ’n moeilike tyd.”

Hykie Berg, wat die rol van dr. Conrad Bester in Binnelanders vertolk, het gepraat oor sy dwelmverslawing en gesê daar is hoop vir verslaafdes.

Hy was jare lank verslaaf aan heroïen wat hy binneaars ingespuit het. Sy raad aan ouers is om op te hou om hul kinders in staat te stel om van dwelms afhanklik te wees.

“As ouers aanhou om vir hul kinders te sorg en nie grense stel nie, is hulle 100% van die kind se probleem.”

Le Roux het gesê die Tshepong Thuthuzela, Kindersorg Bloemfontein se verkragtingkrisissentrum, het forensiese verpleegsters en terapeute wat met die polisie saamwerk om mishandelde kinders te help. “Dit kos R500 000 om multidissiplinêre projekte te laat werk.”

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Kinders  |  Statistieke  |  Misdaad  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.