Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tragiese einde aan soektog na 2 vermiste sussies
Raphasha
Die lyke van Kamogelo Raphasha (7) en haar suster, Tshegofatso Raphasha (6), het langs mekaar in ’n beboste gebied gelê.

Die lyke van twee sussies van Senwabarwana in Limpopo wat sedert verlede maand vermis was, is Dinsdagaand in ’n beboste gebied gekry.

Kamogelo Raphasha (7) en haar sussie, Tshegofatso (6), het langs mekaar in ’n beboste gebied in die Senwabarwana-streek gelê.

Hulle is op Maandag 22 Augustus by die polisie as vermis aangemeld.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die lyke was reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding.

Die susters is op die dag van hul verdwyning saam met ’n familielid, wat glo verstandelik gestremd is, by die huis weg.

Hulle het hul bruin skoolsweetpakke aangehad.

Mojapelo sê die polisie het die familielid ondervra.

Die polisie het selfs ’n helikopter ingespan om in dié afgeleë deel van Limpopo na die sussies te soek.

Mojapelo sê lykskouings sal bepaal hoe die meisies dood is.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Die twee susters is die soveelste kinders wat die afgelope paar weke in Limpopo onder verdagte omstandighede dood is.

Bokamoso Tjabadi (6) het twee weke gelede uit haar ouerhuis in die Phokoane-nedersetting in Nebo in die Sekhukhune-distrik verdwyn. Haar lyk is die volgende dag in ’n buurman se huis gekry.

Mojapelo het gesê sy is glo verkrag voordat sy vermoor is.

Verlede week is die lyke van Nonjabulo Ngomane (9) en haar jonger broer, Themba Ngomane (8), sowel as Katlego Sibande (15) in die Mohlabetse-rivier buite Groblersdal gekry. Hulle was steeds in hul skoolklere.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê Sibande is die Ngomane-kinders se bure se kind.

Die drie kinders is op Maandag 30 Augustus as vermis by die polisie aangemeld. Niemand is weens die moorde op die drie kinders in hegtenis geneem nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.