Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Transito-rooftog – Só is dit as hulle begin skiet

Eers kyk hy in sy truspieëltjie. Dan is daar die skote. Tien of meer. En die bewyse op wie daar geskiet word, is duidelik... die koeëlvaste ruit aan die bestuurder se kant is toe darem wel koeëlvas.

’n Video wat geneem is in die kajuit van ’n sekerheidsmaatskappy se voertuig waar die bestuurder en ’n kollega gereed maak om terug te skiet terwyl hulle deur transitorowers aangeval word, is die naweek wyd versprei op sosiale media.

Die bestuurder gebruik die ernstige woorde: “F** jou, jou d***,” terwyl hy vir sy kollega ’n geweer aangee. Hy sê aan sy kollega om gereed te wees. Die kollega se oë is wyd oopgesper.

Intussen klap die skote. ’n Mens sien net hoe die bestuurder op sy tande kners, ratte verwissel en aanhou jaag.

Die datumstempel op die video wys die voorval was op 22 April. Die tyd 10:25.

’n Mens sien net bosse en pad verbyvlieg.

Albei die insittendes dra koeëlvaste baadjies.

Die bestuurder herhaal ’n sin: “Hulle kom agter ons aan. Hulle kom agter ons aan.”

Hy maak ’n U-draai, ry in die rigting van die aanvallers en sê aan sy kollega: “Hulle gaan skiet. Hulle gaan f*****n skiet.”

En dan hoor ’n mens nog skote.

Die bestuurder jaag verder. Hy stop, spring uit, gryp die geweer by sy kollega en hardloop na die agterkant van die voertuig. En dit is waar die opname eindig.

Op die Facebookblad van Fortis Pro Active Defence Solutions word die bestuurder se naam genoem.

Daar is ’n boodskap wat sê die video is al wyd en syd versprei en almal wil weet wie die bestuurder is. Volgens die boodskap is die bestuurder ’n oud-lid van die polisie se taakmag en hy is ’n instrukteur by die maatskappy. Daar word ook genoem hy is nie beskikbaar vir kommentaar nie omdat die voorval nog ondersoek word.

Navrae is aan Fortis gestuur vir kommentaar.

Terwyl transitorowers op hulle skiet, kon dié bestuurder daarin slaag om weg te kom. Foto: Skermgreep

Brig. Vishu Naidoo, polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval was op 22 April op die N4 by Pretoria. Naidoo het bevestig ’n groep aanvallers het probeer om die transito-voertuig te stop en dat verskeie skote geskiet is.

Die aanvallers het gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.



Meer oor:  N4  |  Pretoria  |  Transitorooftog  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.