Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Transitomaatskappy sê nie veel oor ‘skietvoorval’

Die transitomaatskappy SBV wou Sondag nie veel sê oor ’n skietvoorval waarby een van sy werknemers Sondagoggend in Cambridge, Durban, betrokke was nie.

Luidens ’n verklaring van SBV was een van sy werknemers by ’n voorval betrokke waarin iemand dood is. “Ons kan nie meer inligting gee nie omdat die voorval ondersoek word. Ons doen ’n beroep op lede van die publiek om na vore te kom as hulle enige inligting oor die voorval het,” lui die verklaring.

Volgens SBV werk sy risiko-en-nakomingspan met die polisie saam om die voorval te ondersoek.

Enigeen met inligting kan SBV se afdeling vir rooftogte by 083 408 7029 bel. Die nommer word 24 uur per dag beantwoord. Alle inligting word as vertroulik hanteer.

Meer oor:  Sbv  |  Durban  |  Skietvoorval  |  Transitomaatskappy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.