Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Transitorowers skiet polisieman (41) dood

’n Soektog is onderweg na minstens agt transitorowers wat by die skietdood van ’n polisiebeampte in die Oos-Kaap betrokke was.

Sers. Mzoxolo Gxothani (41) van die polisie se taktiese reaksie-eenheid in Oos-Londen is Maandag dood nadat lede van die eenheid omstreeks 19:30 in die Dangwana-gebied buite Port St. Johns op die rooftog afgekom het.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, word beweer twee geldwaens is deur voertuie tot stilstand gedwing waarna plofstof gebruik is om toegang tot die een te verkry.

Die aanvallers het volgens ’n betroubare bron vier pistole by die veiligheidswagte gebuit voordat hulle die kluise begin oopmaak en geld gevat het.

Sers. Mzoxolo Gxothani (41) van die polisie se taktiese reaksie-eenheid in Oos-Londen is deur transitorowers doodgeskiet. Foto: Verskaf

Hulle is deur die polisielede op die toneel betrap en het in ’n Toyota Hilux- en Ford Ranger-bakkie gevlug.

Die polisie het hulle agternagesit totdat een van die voertuie in Mhlakulo naby Tsolo tot stilstand gekom het.

Hier het ’n oor-en-weer-skietery tussen die polisie en rowers ontstaan. Gxothani is in sy bolyf raakgeskiet en op die toneel dood.

Kinana sê die jaagtog is voortgesit waarna die rowers in die Nqadu-woud verdwyn het. ’n Onbekende bedrag kontant is gesteel.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee vir die nodige ondersteuning van die polisie se kant af aan Gxothani se familie, terwyl die polisie se 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel is om die transitorowers aan te keer.

“Dit is altyd hartseer om te verneem van ’n polisiebeampte se dood aan die hand van genadelose misdadigers. Die polisie in die provinsie het my verseker hulle sal nie rus totdat die moordenaars vasgetrek is nie,” sê Sitole in ’n verklaring.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het ook haar medelye met Gxothani se familie betuig en die gemeenskap gevra om hul samewerking aan die polisie te gee in hul ondersoek na die moord en rooftog.

Enigeen met inligting kan die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, skakel.

Meer oor:  Polisieman  |  Oos-Londen  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.