Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Transitorowers skiet wag vir leë geldhouer dood

’n Transito-veiligheidswag van Port Elizabeth is Donderdagmiddag deur rowers doodgeskiet voordat hulle met ’n leë geldhouer weggekom het.

Die rowers het omstreeks 13:00 op twee G4S-veiligheidswagte toegesak wat ’n bank by ’n winkelsentrum in Motherwell se NU-1 Uitbreiding verlaat het.

Volgens ’n ingeligte bron het vyf gewapende rowers hul vuurwapens op die twee wagte gerig en hulle beveel om op die grond te lê.

Een van die rowers het hierna glo oor die veiligheidswagte gaan staan, een van hulle in die kop geskiet en sy vuurwapen gesteel.

Die tweede wag is in die linkerarm geskiet.

Al vyf die rowers het op die voertuig losgebrand terwyl hulle met die leë geldhouer in hul besit weggehardloop het.

’n Derde veiligheidswag, wat in die G4S-voertuig was, het sekondes later die voertuig in trurat gesit en die rowers glo probeer raakry.

Al vyf die rowers het op die voertuig losgebrand terwyl hulle met die leë geldhouer in hul besit weggehardloop het.

Die voertuig is verskeie kere raakgeskiet en een van die bande stukkend geskiet.

Luidens gerugte het die groep rowers blykbaar opeenvolgens ’n Isuzu-bakkie, ’n Toyota Quantum-bussie, ’n Datsun GO- en ’n Mazda-motor gekaap waarmee hulle telkens ’n kort entjie weggejaag het.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê twee voertuie, die Toyota Quantum en die Datsun GO, is in die omgewing teruggekry. Hy kon egter nie bevestig dat dit wel gekaap was nie. Dit sal deel van die polisie-ondersoek uitmaak, sê hy.

Hoewel die polisie nog nie die naam van die oorledene bekend gemaak het nie, het Netwerk24 Donderdagaand betroubaar verneem die oorledene is geïdentifiseer as Clinton Wolmarans, seun van oud-lt.kol. Nico Wolmarans van die polisie in Port Elizabeth.

Sake van moord, poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.

Teen Donderdagaand vroeg was niemand nog in hegtenis geneem nie, het Rheeder gesê.

Meer oor:  G4s  |  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Doodgeskiet  |  Transitorowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.