Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Transitorowers slaan toe in Wes-Rand

Transitorowers het vroeg Maandagoggend op ’n G4S-geldwa in Florida aan die Wes-Rand van Johannesburg toegeslaan.

Vroeë verslae op die toneel dui daarop dat die rowers die geldwa met ’n Mercedes-Benz van die pad af gestamp het. Die voertuig het in ’n veld tot stilstand gekom waar die rowers ploftoestelle gebruik het om die voertuig oop te blaas en toegang tot die kontant te verkry. Die Mercedes, sowel as die geldwa, het uitgebrand.

Die voorval het op Main Reef-weg naby die kruising met Houtkapperstraat gebeur. Die transitorowers het na bewering in die rigting van Johannesburg in ’n silwer Audi en ’n wit BMW X5 gevlug.

Dit is steeds onseker met hoeveel geld die rowers weggekom het.

Die polisie en nooddienste was teen 09:00 nog op die toneel.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Transitorowers het Maandagoggend op ’n G4S-geldwa in Main Reef-weg in Florida, Johannesburg, toegeslaan. Foto: Dennis Delport
Die rowers het glo met hierdie Mercedes-Benz die geldwa van die pad af in ’n veld gedwing voordat hulle die geldwa oopgeblaas het. Foto: Dennis Delport

Meer oor:  G4s-Geldwa  |  Florida  |  Roodepoort  |  Transito-Rooftog  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.