Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Treindiens in Pretoria weens kabeldiefstal gekelder

Daar was Vrydagoggend geen Metrorail-treine van Pretoria na Pienaarspoort nie nadat kabels by die Loftusstasie gesteel is.

Pendelaars sal van alternatiewe vervoer moet gebruik maak.

Luidens ’n verklaring van Metrorail Gauteng moes die eerste leë trein wat vanaf die Pretoria-stasie in die rigting van Pienaarspoort vertrek het, terugdraai as gevolg van los oorhoofse kabels wat in die pad van die trein gehang het en dit onmoontlik gemaak het vir die trein om daar verby te beweeg.

Metrorail se tegniese spanne was vroegoggend reeds besig om die skade te bepaal en sal dit voor vanmiddag se spitstyd herstel.

“Die bestuur van Metrorail vra die Pienaarspoort-pendelaars om verskoning vir die ongerief wat hierdie voorval veroorsaak het en doen ’n beroep op pendelaars om van alternatiewe vervoer gebruik te maak,” sê Tony Games, waarnemende woordvoerder van Metrorail Gauteng.

Jackie Moshe, provinsiale bestuurder van Metrorail Gauteng, sê hulle is baie hartseer oor die kwaadwillige skade aan die infrastruktuur en het ’n beroep op die publiek gedoen om teen hierdie tipe misdaad saam te staan.


Meer oor:  Pretoria  |  Metrorail  |  Kabeldiefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.