Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Treine laat, pendelaars steek waens aan die brand

Ontstoke pendelaars het Vrydagoggend glo vier treinwaens aan die brand gesteek en ’n kaartjiekantoor en ’n treinwa in die J-seksie van Umlazi, suid van Durban, beskadig.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat meer as ’n duisend pendelaars deelgeneem het aan die plundery by die Umlazi-treinstasie. Hulle was glo kwaad omdat die treine laat was.

Hy sê die voorval het net ná 06:00 gebeur en dat groot skade aangerig is.

Zwane sê die polisie se eenheid vir openbare orde en die eThekwini-metropolisie is na die toneel ontbied.

“Die situasie is steeds gespanne, maar die polisie hou dit dop,” sê Zwane.

Meer oor:  Treine  |  Brand  |  Pendelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.