Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Trek saak teen pastoor terug' – skote op vrou

’n Gewapende, gemaskerde man het Dinsdagaand op ’n vrou geskree sy moet die saak teen die Nigeriese pastoor Tim Omotoso terugtrek.

Hy het twee skote afgevuur, maar nie een het haar getref nie.

Die vrou, wat nie geïdentifiseer mag word nie, het omstreeks 19:45 in haar erf voor haar huis in KwaZakhele, Port Elizabeth, gestaan toe die man oor die grensmuur spring. Nadat hy op haar geskiet het, het hy weggehardloop.

Die dag toe Tim Omotoso, die omstrede Nigeriese pastoor, in April 2017 deur swaar gewapende polisielede aangekeer is en na die Valke se kantoor in Port Elizabeth geneem is.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die polisie het twee patroondoppies op die toneel opgetel en ’n saak van poging tot moord word ondersoek.

Omotoso staan tereg op 63 aanklagte van onder meer rampokkery, mensehandel, verkragting en seksuele gereedmaking.

Hy het Dinsdagoggend in die streekhof in Port Elizabeth verskyn. Die vrou was met sy verskyning in die hof.

Sy is ook een die vroue wat in April 2017 by die Valke se kantoor in die stad was toe Omotoso in hegtenis geneem is. Sy het toe gesê sy is een van die fluitjieblasers en sy ondersteun elke slagoffer wat teen Omotoso opstaan.

Kapt. Anelisa Feni, Valke-woordvoerder, sê egter dié vrou is nie ’n getuie, klaer of ’n slagoffer in die saak nie.

Die saak teen Omotoso en sy twee medebeskuldigdes, Lusanda Solani (36) en Zukiswa Sitho (28), is Dinsdag vir verhoor na die hooggeregshof in Port Elizabeth verwys.

Terwyl Omotoso Dinsdagoggend in die hof verskyn het, het ’n groep ondersteuners buite die hof vir sy vrylating betoog.

Meer oor:  Tim Omotoso  |  Terugtrek  |  Vrou  |  Skote
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.